Category: Loving Wives Stories

My Vrou Se Donker, Beter Kant

by The_Dolphin©

"Janette is darem maar 'n pragtige vrou", dink ek trots by myself toe ek haar aflaai voor Marie se huis. Ek werk vanaand laat en Janette het gevra of sy en Marie klub toe kan gaan om 'n bietjie saam te kuier terwyl ek werk. Marie se man, Jaco, sal hulle klub toe neem.- Ek sal hulle dan om elfuur, as ek klaar gewerk het, voor die klub kry en huis toe neem.

"Tot later, Engel!" Sy leun oor vanuit die passasiersitplek en gee my 'n piksoentjie op die mond. "Onthou, ek's lief vir jou"

Ek gee haar 'n drukkie. "Tot later. Geniet die aand en onthou - moenie dinge doen wat ek nie sou gedoen het nie, OK?"

"Hoe ken jy my...?", vra sy, gemaak vererg, terwyl sy wegstap. Ek kyk haar agterna terwyl sy met die tuinpaadjie opstap na die voordeur. My oë val onwillekeurig op die swaai van daardie perfekte heupe. Vir 'n oomblik wonder ek of daardie rompie nie dalk 'n bietjie te kort is nie, maar dit laat haar lang lenige bene absoluut tot hulle reg kom. Ek besef opnuut hoe gelukkig ek is om so 'n mooi vrou te hê en ry werk toe.

Agter my lessenaar voor my rekenaar spring ek aan die werk. Daar is heelwat om te doen en ek het net tot elfuur.

Net na negeuur staan ek op om 'n lêer te gaan haal in my sekretaresse se kantoor. Ek kyk orals rond, maar kry dit nêrens. Dan onthou ek. Pieter, my vennoot, het dit saam met hom huis toe geneem om te bestudeer.

"Verdomp!", dink ek by myself. "Nou kan ek maar netsowel huis toe gaan." Daar is geen manier waarop ek kan voortgaan met my werk sonder die lêer nie en ek is beslis nie nou lus om vir Pieter by die huis te gaan pla nie.

Maar miskien is daar 'n geluk by die ongeluk! Dis nou maar jammer vir Marie, maar nou gaan ek daai mooi vrou van my haal en haar vroeg huis toe neem. Wie weet, hierdie aandjie is mos nog lank nie oor nie en soos Janette vanaand lyk... Marie sal maar net moet verstaan.

Ek skakel my rekenaar af, sluit die kantoor en ry klub toe. Ek parkeer voor die Black Stallion en gaan binne. Die musiek is hard en die reuk van sigaretrook hang swaar in die lug. Daar is nie te veel mense nie en ek is verlig, want dit beteken dat ek maklik vir Janette sal kan opspoor.

"Vreemd", dink ek by myself toe ek haar nie kry nie. "Waar op aarde sou hulle wees? Hulle is sweerlik nie al huis toe nie..."

Net voor ek wil tou opgooi en huis toe ry, hoor ek daardie klokhelder laggie! Ek draai om en loer verby 'n groot potplant en daar, in 'n onopsigtelike hoekie, versteek agter potplante en 'n rankplant is nog 'n tafel met vier stoele. Daar, in die swak lig, sien ek die kenmerkende welige bos blonde hare van die liefde in my lewe! Ek sluip versigtig nader om hulle te verras.

"Wat op aarde...? Hulle is dan nie alleen nie!" Ek kyk vies na die twee mans wat saam met hulle is. Die man wat langs Marie sit, fluister in haar oor met sy arm om haar skouer. Dit lyk asof sy die aandag baie geniet. "Tipies!", dink ek. "Sy was nog altyd 'n klein flerrie!"

Dan leun Janette oor en soen die ander kêrel op die wang terwyl sy sy bobeen onder die tafel streel. Ek glo nie wat ek sien nie! Hy sit sy arm om haar en trek haar styf teen hom vas. Dis duidelik dat sy dit geniet. "So 'n bliksem! Ek sal hom mos dood donner!" Ek staan op om die spul te konfronteer, maar besluit om nie te oorreageer nie. Ek kom tot my sinne en gaan sit. "Hulle is seker maar net goeie vriende.", probeer ek myself oortuig. Daar het in elk geval nog niks gebeur om 'n bohaai oor te maak nie. Ek besluit om die situasie verder te monitor. Hulle kan my glad nie sien nie, want ek sit skuins agter hulle en dis redelik donker waar ek sit.

Janette staan op en leun oor die tafel om nog wyn te skink. Daardie rompie is beslis te kort! Ek kan duidelik sien hoe haar 'vriend' sonder moeite onder dit inloer. Dan sit hy sy hand op haar binnebeen en streel dit. Sy lag hardop, draai om sê iets, gaan sit op sy skoot en soen hom vol op die mond! Ek wens ek kon hoor wat hulle sê! Sy leun terug teen hom en hy sit sy arms om haar. Ek kan duidelik sien hoe sy een hand om haar regtertiet vou! Hel, dit sal sy nie toelaat nie! Wag maar! Sy sit haar hand bo-op syne. So gedink! Nou sal sy sy hand wegvat en vir hom op 'n beskaafde manier maak verstaan dat sy nie vir sulke speletjies te vinde is nie.

Maar haar hand bly op syne. Sy wend geen poging aan om sy hand van haar tiet af weg te neem nie. Verbeel ek my of streel sy sy hand terwyl hy haar tiet bevoel..? Ek kook! Kyk, hierdie ou moet gebliksem word en vinnig ook! Ek hou myself met moeite in.

Ek skeur my oë weg van Janette en loer vlugtig na Marie. Sy en haar metgesel is in 'n vurige omhelsing, besig met 'n diep tongsoen!

Ek kyk weer na Janette en is net betyds om te sien hoe haar 'vriend' se hand in haar bloes se hals af verdwyn in haar bra in. Ek kyk na die beweging van sy hand onder die materiaal en kan duidelik sien hoe hy haar tepel tussen sy vingers rol. Sy word gewoonlik baie jags as ek dit met haar doen! Ek kan ondanks die swak lig aan haar gesig sien dat dit wel die geval is. Sy leun verder terug, draai haar kop na syne en soen hom diep en innig op sy mond. Ek kan sien hoe haar tong in sy mond verdwyn. Hy haal sy hand uit en trek haar bloes uit haar romp uit. Sy hande verdwyn onder die bloes in en ek sien hoe hy vir 'n rukkie tussen haar tiete vroetel. Die vark! Hy is besig om haar bra los te maak. Sy het daardie swarte aan wat voor vasmaak. Ek kan duidelik sien hoe hy haar twee bevryde tiete in sy hande neem en liggies trek aan haar tepels. Dan verdwyn haar een hand onder haar in. Wat sou sy nou probeer? Nooit! Ek glo dit nie! Sy is besig om sy piel te streel bo-oor sy broek!

Sy een hand laat haar tiet los en verdwyn onder haar kort rompie in. Hy streel haar binnebeen hoër en hoër en dan maak sy haar bene oop sodat hy haar doos kan bykom. Ek sien hoe hy haar broekie na een kant toe wegtrek. Ek ken vir Janette en weet dat daardie poes teen hierdie tyd sopnat is! Dan sien ek hoe sy snak na haar asem as hy haar klitoris streel. Sy skuif effens eenkant toe en ek kan aan die beweging van haar hand sien dat sy besig is om sy gulp oop te maak. Haar hand verdwyn in sy broek in en die volgende oomblik haal sy hierdie monsterpiel daaruit! Kyk, ek het self nie 'n klein voël nie, maar hierdie ou is geseën! Haar hand kom skaars om die ding as sy hewig begin pomp daaraan.

Haar bene verstyf effens en ek kan aan die beweging van sy hand onder haar romp sien dat hy sy vinger (vingers?) in haar poes gesteek het en haar vurig begin vinger terwyl sy sy draad trek!

Maar wag! Wat gaan aan? Hier is iets baie verkeerd! Is ek nie veronderstel om hierdie ou op te fok nie?! Hier sit ek en kyk hoe my lieflike vrou deur hom gevinger word terwyl sy sy draad trek en ek doen niks?! Inteendeel, ek begin emosies ervaar wat heeltemal strydig is met my natuur, strydig met enige man wat ek ken se natuur! Ek probeer myself oortuig dat ek beslis nie besig is om te geniet wat ek sien nie, maar die stywe piel in my broek vertel 'n heel ander storie! Ek het wragtig 'n horing!

Hy los sy greep op haar ander tiet en sy ander hand verdwyn ook onder haar romp in. Sy lig haar boude effens en hy skuif haar swart bikinibroekie oor haar heupe en af tot onder haar knieë. Sy laat los sy stywe piel en trek self die broekie heeltemal uit. Sy laat val dit langs die stoel en staan op. Sy draai na hom en gaan wydsbeen oor hom sit op die relinglose stoel. Haar hand verdwyn onder haar rompie in. Grote God! Sy gaan hom tog nie naai nie!? Hier in die openbaar! Ek kyk rond en sien dat die paar ander mense in die plek te besig is met hulle eie dinge. Niemand behalwe ek sien wat hier onder hulle neuse besig is om te gebeur nie!

Ek kyk terug na Janette en sien hoe sy afsak op sy piel. Haar kop val agteroor en haar gesig vertrek van genot as haar poes sy groot piel sluk tot teen sy ballas! Sy sit 'n rukkie stil bo-op hom om gewoond te raak aan die grootte van sy piel voordat haar heupe begin beweeg. Sy naai hom stadig en ritmies terwyl sy een hand haar bloes oopknoop om haar tiet uit te haal. Ek kan van hier af sien hoe styf daai tepel is! Hy laat sak sy kop en neem haar tepel tussen sy lippe. Dan begin hy lustig daaraan suig terwyl sy ander hand tussen haar boude in beweeg. Hy speel met haar nat poes terwyl sy hom naai!

Nou kan ek nie meer nie. My eie piel raak nou heeltemal te groot vir my broek! Ek kyk rond en, tevrede dat niemand sal sien nie, haal ek my piel uit en begin draadtrek onder die tafel.

My oë soek na Marie om te sien wat sy van die hele affêre hier reg langs haar dink. Sy sit op die ander ou se skoot met haar rug na hom toe. Sy lê vooroor met haar elmboë op die tafel. Ek kan nie glo dat sy nie sien wat Janette-hulle doen nie. Dan sien ek dit! Baie onopsigtelik, maar baie beslis daar! Haar heupe maak sulke klein wiegbewegings op die ou se skoot. Sy het nie ‘n saak met wat Janette doen nie! Sy doen dieselfde! Sy is waaragtig besig om die ander ou te naai! Ek dag ek kom net daar! Ek moes my voël vinnig los om nie die hele plek te bemors nie.

Die ou het sy hande onder haar rok in en speel met haar kaal boude terwyl hy agteroor lê en sy piel rustig en ongemerk in en uit Marie se nat poes naai. Wat sou Jaco hiervan sê?

Ek kyk terug na Janette en sien aan haar gesig dat sy binnekort gaan kom. Haar oë is toe, haar mond is oop en haar asem jaag. Die bewegings van haar heupe word dringender. Haar hande klou krampagtig om die man se skouers. Dan verstyf sy en haar onderlyf begin sidder voordat dit spasties en ritmies begin saamtrek in ‘n intense orgasme!

Dan gryp die ou haar aan die boude en dryf sy piel dringender in haar poes in. Sy hande skuif per ongeluk haar romp op en sodat haar bleek kaal boude uitsteek. Sy lê vooroor op hom en van waar ek sit, kan ek duidelik sien hoe sy piel elke slag tot teen sy eiers verdwyn in my vrou se poes! Dan skop sy bene styf en hy trek haar met mening neer teen sy skoot. Krampagtig skiet hy sy saad stroom na stroom in my vrou se poes op! As ek nou aan my piel raak gaan ek ook kom! Sy spasmas bedaar en hulle lê vir ‘n ruk stil in ‘n omhelsing met sy piel nog in haar poes. Later staan sy op en ek sien hoe sy slap piel uit haar nat poes glip en op sy skoot neerflop. Sy gee hom ‘n klapsoen en buk om haar broekie onder die stoel op te tel. Die ou sit sy piel terug in sy broek en trek met ‘n tevrede uitdrukking op sy gesig sy gulp op.

Ek kyk na Marie en sien dat hulle ook pas klaargemaak het. Sy staan op en sê iets vir Janette. Toe kom die twee reg op my afgestap, Janette met haar broekie in ‘n balletjie in haar hand vasgeklem. Ek dog vir ‘n oomblik hulle het my gesien en daarom kom hulle na my toe. Ek kyk anderpad en die twee loop teenaan my tafel verby en verdwyn in die dameskleedkamers agter my in. Hulle het my wragtig nie gesien nie! Ek gebruik dadelik die geleentheid om my stywe piel in my broek in te forseer en gee pad uit die plek uit.

Ek klim in my motor en ry ‘n paar draaie deur die stad, heeltemal in ‘n dwaal. Ek kan nog steeds glad nie glo wat ek gesien het nie! Nog minder kan ek glo wat my reaksie daarop was!

Teen elfuur ry ek na die Black Stallion toe en klokslag elfuur kom die tweetjies uit. Hulle sien my en klim in die motor. Janette leun oor na my toe en gee my ‘n soen. “Hallo, skat. Hard gewerk?” Botter kan nie in die tweetjies se monde smelt nie!

“Nogal, ja”, lieg ek. “En hoe was julle aandjie?”

“O, heerlik!” sê Marie. “Ek en Janette het ‘n parra uit ‘n pyp uit gekuier!”

“Gmmff! Eerder ‘n pyp in ‘n parra in gekuier, as jy my vra!” dink ek by myself.

Ons laai vir Marie by die huis af en ry huis toe. Daar gekom, sluit ek die voordeur oop en staan opsy om vir Janette in te laat. Sy sit die lig aan en stap voor my die portaal binne. My oë sak onwillekeurig na haar mooi boude en dan sien ek dit! Daar op haar romp net onder haar boude sit een helse komkol! Met die rit huis toe het die ou se kom uit haar poes uitgeloop en ‘n nat kol op haar romp gelos! Sy is natuurlik salig onbewus daarvan. Weer eens kan ek nie glo wat my reaksie is nie. In plaas van intense woede ontwikkel ek net daar weer ‘n intense pielstyf. Ek gee oor niks om nie. Al wat ek weet is dat ek hierdie mooi vrou so gou moontlik moet naai! Ek sit my hande om haar van agter af en trek haar teen my vas. Ek draai haar om en soen haar diep en innig.


“Stadig, Romeo! Wat het in jou gevaar? Dit lyk my die laat werkery het jou goed gedoen!” sê sy en slaan haar arms om my. My hande gly oor haar boude en oor die nat kol op haar romp terwyl ek haar agteruit die slaapkamer in stuur. Sonder dat sy agterkom, ruik ek aan my vingers. Ek was reg - dit IS kom!!.

My hande beweeg op na haar tiete en ek begin haar bloes oopknoop. “Wag eers”, sê sy. “Ek wil gou eers gaan stort.”

“Jy het dan gestort net voor jy weg is?”, sê ek.

“Ek weet, maar ek stink na sigaretrook. Ek sal nie lank wees nie” Sy verdwyn in die badkamer in en trek die deur toe. Ek gaan lê op die bed en toe ek die stort hoor loop, stap ek in. Ek kan haar beeldskone silhoeët deur die stortdeur uitmaak. My voël is van voor af orent! Ek maak die wasgoedmandjie oop om my hemp in te gooi en daar voor my lê haar broekie, sopnat van kom en poessous! Ek trek my heeltemal uit en besluit om saam met haar te gaan stort. Toe ek omdraai, kom sy net uit die stort uit. Sy is prentjiemooi! Sy draai ‘n handdoek om haar nat, blonde hare en haar armbewegings laat haar vol, ferm tiete heen en weer wieg. Haar donker tepels is styf en haar vel is rosig pienk van die warm water. My oë gly af na die rondings van haar heupe en die kortgeskeerde blonde driehoekie van haar dooshare. Die klofie van haar poes is duidelik sigbaar. Ek hou haar dop terwyl sy afdroog en my piel word so styf dat ek dog hy gaan afbreek!

“Heng, maar jy IS bly om my te sien!”, sê sy met ‘n skalkse glimlaggie.

Dit was die laaste strooi wat die kameel se rug gebreek het! Ek gryp haar, soen haar en stuur haar die kamer in tot by die dubbelbed. Ek trek haar langs my neer en neem haar vol regtertiet in my hand. Ek suig haar groot stywe tepel hard in my mond in en hoor hoe sy snak na haar asem. My hand skuif na haar blonde dooshare en my vingers speel met die sagte voue van haar poeslippe. Ek voel haar hand om my stywe piel vou terwyl ek omdraai met my kop na haar doos toe. Sy trek rustig my draad terwyl ek twee vingers in haar poes opdruk. Ek vinger haar so ‘n ruk lank en dan trek ek my vingers uit en ruik daaraan. Haar poes is nog sopnat van die ou se kom binne-in!

Dan pak die duiwel my behoorlik beet! Ek kry hierdie intense begeerte om die ou se kom uit haar poes te lek. Ek kniel met my knieë weerskante van haar kop en laat sak my kop. Sy maak haar bene oop en ek sprei haar poeslippe oop met my vingers. Haar gladde pienk klitoris loer onder sy velbedekking uit en ek kielie dit met die tippie van my tong. Ek voel elke slag hoe haar heupe saamtrek as my tong aan haar klitoris raak. Intussen is sy nog steeds besig om my draad te trek terwyl my stywe piel bokant haar gesig hang. Dan voel ek ‘n warm, sagte nat gevoel soos haar mond om my pielkop vou. Hemels! Ek stoot my piel diep in haar mond in en begin haar mond te stadig te naai terwyl ek haar klitoris saggies tussen my lippe vasknyp. Ek voel hoe sy snak na haar asem. Ek suig liggies aan haar klit terwyl sy met meer erns aan my piel suig. Ek laat los haar klit en gee haar poes ‘n lekker tongsoen terwyl ek my tong so diep as moontlik in haar vagina druk, daar waar ‘n ander man se piel skaars twee ure tevore sy saad gestort het. Ek kan duidelik die semensmaak onderskei van haar normale souse. In plaas van afstoot, maak dit my net nog jagser en hits my aan met ‘n missie. Ek lek en suig gulsig aan haar poes en voel later die kenmerke trillings in haar onderlyf wat ‘n orgasme voorafgaan.

Dan trek ek my piel uit haar mond uit en klim tussen daardie twee lieflike dye in. My piel is so hard soos ‘n klip en haar poes is sopnat! Ek stoot vorentoe met my onderlyf en voel hoe my pielkop teen haar poeslippe druk. Ek stoot liggies verder en haar lippe vou glad en warm om my pielkop, wat nou teen die opening van haar poes lê. Ek hou haar kop tussen my hande vas en stoot my piel stadig in haar poes in, wat dit heerlik omvou met sy nat en warm voue. Dan voel ek hoe my eiers teen haar gat vasdruk. Ek is heeltemal in haar. Haar lenige bene vou om my lyf en ek begin haar naai met lang, stadige hale. Sy lig haar heupe met elke afwaartse stoot om my piel so diep as moontlik in haar poes te voel.

Dan, met my piel nog diep in haar poes, draai ek ons om sodat sy bo-op my sit. Daardie pragtige vol, ferm tiete van haar hang soos reuse waterdruppels bokant my. Ek trek een tiet nader en suig haar tepel in my mond in. Ek begin liggies knibbel daaraan, want ek weet sy’s mal daaroor. Die toename in die ritme waarmee sy my naai, getuig ook daarvan. Ek lê stil op my rug en laat haar al die naaiwerk doen. Sy’s mal daaroor om bo te wees en ek geniet dit self baie. Sy kreun saggies terwyl sy my piel letterlik aanval met haar poes! Sy is sopnat en haar sous gemeng met die ander ou se kom stroom nou letterlik oor my eiers! Dan voel ek weer die trillings in haar onderlyf. Ek sit my hande op haar twee boude en naai haar poes so hard as wat ek kan met vol hale. Sy gryp my vas en met ‘n skreeu ontplof sy in ‘n orgasme so hewig dat ek sukkel om my piel in haar poes te hou. Dit is dan ook een te veel vir my en die ritmiese sametrekkings van haar vagina om my piel stoot my oor die rand. Ek spuit stroom na stroom pêrelwit warm kom in haar poes op terwyl ek haar styf teen my vastrek.

Dan val sy ontspanne vooroor en lê op my met my piel nog in haar. Ons praat nie. Ek streel haar hare en gou word sy so aan die slaap bo-op my. Ek maal weer deur die dag se gebeure. Hoekom geniet ek dit so om te sien hoe ‘n ander ou my vrou naai? Hoekom wil ek dit so gou moontlik weer sien? Hoe kan ek dit bewerkstellig? En die feit dat ek nou weet dat Marie ook rondnaai skep nuwe moontlikhede. Moontlik in die bed spring saam met haar en Janette? Die twee hou mos daarvan om dinge saam te doen, of hoe...?

Maar nou ja, dit is alles volgende keer se stories...

Written by: The_Dolphin

Please Rate This Submission:

Category: Loving Wives Stories