Category: Loving Wives Stories

'n Skelm Rapsie Op Kantoor

by The_Dolphin©

(As julle van die storie hou, stem asseblief daarvoor. Dit gee die bestuur van Literotica 'n aanduiding of daar wel 'n vraag na Afrikaanse stories is)

-------------------------------------------------

Dis skuins na vyfuur en ek sit nog voor my rekenaar in my kantoor en finaliseer die dag se syfers. Nog so 15 minute, dan sluit ek die kantoor en gaan huis toe. Die gebou is verlate, die personeel reeds huis toe. Of so het ek gedink totdat Karen my kantoor binnestap.

“Ek is so bly jy’s nog hier!” sê sy. “Ek is besig om te werk aan my voorlegging van die Golden Sands projek en het gewonder of jy vir my so ‘n tydjie kan afstaan? Ek wil graag jou opinie daarvan hê. Maar as jy haastig is, kan dit wag vir more...”

Nou, Karen is ‘n beeldskone 32 jaar oue blondine met die sielvolste helderblou oë. Sy het ‘n paar lang, lenige bene en ‘n vol ferm boesem - ek skat so by 36C rond. Sy het vandag ‘n helderblou bloesie en ‘n donkerder blou rompie aan. Haar uitrusting laat haar blou oë nog blouer lyk en haar uurglasfiguurtjie ten volle tot sy reg kom. En as hierdie godin in jou kantoor instap en om hulp vra, spring jy as jy enigsins enige manlike hormone in jou liggaam het! Die enigste probleem is… hierdie godin is getroud. Dus is dit soos om jou buurman se Porsche te bewonder, maar om te besef jy sal nie self een kan bekostig nie.

Maar om te bewonder en te droom is baie beter as niks en ek sluit vinnig af waarmee ek besig is. Ek bied haar ‘n stoel langs myne aan en neem die CD by haar. Ek laai haar voorlegging en ons begin dit bespreek. My gedagtes is natuurlik by alles behalwe haar voorlegging! My oë dwaal oor haar lang bene. As hierdie vrou maar net weet wat sy aan my doen! Of weet sy…?

Tien minute gaan verby, waarin die enigste kontak ‘n toevallige raak van knieë, skouers of hande is. Dit lyk nie of sy dit eers agterkom nie, maar vir my is dit elke slag asof daar ‘n elektriese stroom deur my gaan!

Dan lui die telefoon agter my en ek staan op om dit te beantwoord. Ek bied terselfdertyd vir haar my stoel aan, sodat sy beter toegang kan hê tot die rekenaar, terwyl ek besig is met die gesprek. Ek handel die gesprek af en gaan staan agter haar. Sy kom orent sodat ek my stoel kan terugkry.

“Nee, sit gerus. Ek wil ‘n bietjie staan”, sê ek. Sy aanvaar dit so en ons gaan voort om haar voorlegging te bespreek. Die boonste twee knope van haar bloes is oopgeknoop en van waar ek staan het ek ‘n redelike uitsig in haar hals af. Sy het ‘n laaggesnyde ligpienk bra aan wat met moeite haar twee ferm borste binnehou. Dit is so laag gesny dat ek vir ‘n oomblik seker is dat ek die boonste donker dele van haar tepels kan sien uitsteek. Maar miskien is dit net wensdenkery. Hoe dit ook al sy, ek ontwikkel net daar ‘n horing wat vir niks skrik nie! Ek staan die uitsig en geniet terwyl ons haar voorlegging bespreek.

“So ja! Baie dankie vir al jou hulp.” ruk sy my terug na die werklikheid toe. Onmoontlik! Daar is geen manier dat ek haar nou kan laat gaan nie! Ek verwys onmiddellik na ‘n vorige besprekingspunt en stel wysigings voor, terwyl ek met my vinger na die syfers op die skerm wys. Sy leun vooroor en kyk aandagtig na wat ek uitwys. Dit laat haar bloes verder oopval voor. Kyk, dis darem min bra vir baie tiete onder daai bloes! Ek vind dit moeilik om te glo dat haar tiete binne-in die bra kan bly.

Nou is kyk nie meer genoeg vir my nie. Die horing in my broek het nou alle logiese denke oorgeneem. Ek sit my linkerhand op haar skouer, terwyl ek vooroor leun om die wysigings met haar te bespreek. Dit lyk nie asof dit haar enigsins pla nie en ek hou dit daar. Ek verskuif my hand op haar skouer effens en dit laat haar bloes nog meer oopgaan. Ek was reg! Dit IS die bokante van haar tepels wat uit haar bra uitloer! Ek verskuif my hand weer en laat my voorarm op haar skouer rus. My hand hang nou gevaarlik naby haar linkertiet en my gesig is sentimeters van haar blonde haardos af. Die skoon sjampoereuk van haar hare is verfrissend!

Ons was nie net kollegas nie, maar ook baie goeie vriende. Sy was gemaklik met my en ons kon openlik oor enige onderwerp praat. Selfs vuil grappies oor en weer was aan die orde van die dag. Die probleem is egter om van vriendskap na iets meer te beweeg…

Soos ek beduie na die rekenaarskerm, raak my linkerhand nou en dan ‘per ongeluk’ aan haar tiet. Dit lyk nie of sy omgee nie. Miskien het sy nie agtergekom nie…?

Dan is ons klaar. “Knap gedaan!” sê ek en soen haar speels op haar kop, terwyl ek haar tiet ‘n ligte drukkie gee.

“Pasop nou!” sê sy, kamma kwaai.

“Mmmm, nie eers ‘n bra aan vandag nie, nè!” terg ek, natuurlik absoluut bewus van die feit dat sy wel een aanhet.

“Nonsies!” sê sy. “Natuurlik het ek een aan!”

“Dit het beslis nie so gevoel nie!” spot ek.

Sy trek die kant van haar bloesie weg en wys my die bandjie van haar ligpienk bra. “Daar! Tevrede?” sê sy.

“Hel, hoe kon ek dit mis?!” roep ek uit. “Dit lyk soos daardie ou militêre bras wat my ouma in die ou dae gedra het!”

“Dit sal die dag wees! My man dring daarop aan dat ek sexy onderklere dra en ek doen dit graag vir hom. Buitendien voel ek goed daarin.” sê sy.

“Nou maar laat ons dan sien presies hoe sexy hierdie bra is?” sê-vra ek dapper.

“Droom aan, kêrel!” sê sy terwyl sy haar hande oor haar tiete hou.

“Ek sal julle vrouens ook nooit verstaan nie!” sê ek. “Op die strand loop julle rond in bostukkies wat omtrent niks aan die verbeelding oorlaat nie, maar ‘n bra, wat heelwat meer toehou, mag onder geen omstandighede gesien word nie.”

“Ja, jy is seker reg.” sê sy. “Dis seker nie so ‘n groot storie nie, maar hierdie is vir manlief se oë alleen!”

“Reg genoeg. Maar ek het nie gevra om jou tiete te sien nie. Ek wou maar net jou bra sien, wat sekerlik nie meer sexy as ‘n bikinibostukkie kan wees nie.” kap ek terug.

“Wel, as jy nou so daarop aandring… Dit sal seker nie skade doen nie.” Sê sy en leun vooroor terwyl sy haar bloes wegtrek om vir my haar oorvol bra te wys. Ek trek haar op haar voete om beter te kan sien en begin dadelik om nog ‘n knoop los te maak.

“Hokaai, kêrel!” roep sy en hou my vroetelende hande vas.

“Waaroor die bohaai?” sê ek. “Ek het dit mos nou alreeds gesien en sal dit net graag uit ‘n beter hoek uit wil sien.” Ek maak die knoop los.

“Nou maar goed dan. Maar onthou, hande af!” waarsku sy.

“Natuurlik!” lieg ek en maak die volgende knoop ook los. Weer protesteer sy.

“Ontspan!” sê ek. “Ek wil maar net jou volledige bra sien. Dink aan dit as ‘n bikinibostuk. Dit gaan nie oor jou tiete nie!”

Sy antwoord my nie, maar laat my toe om die volgende twee knope ook los te maak, terwyl sy haar hande bo-op myne hou.



“Onthou, net ‘n vinnige kykie. En ek sê weer – hande af!” sê sy terwyl ek haar bloes voor ooptrek.

“Natuurlik! Moenie so bekommerd wees nie.” antwoord ek terwyl ek haar bloes uit haar rompie trek. Daar voor my sit daardie twee pragtige skamelgeklede tiete met die tepels wat steeds skaam uit die bra uit loer. Ek staar verwonderd daarna met ‘n hewige horing in my broek. Ek neem haar twee tiete in my hande en druk hulle liggies teenmekaar. Die klofie wat tussen hulle vorm veroorsaak dat my voël deur my broek wil bars!

Sy sit dadelik haar hande bo-oor myne. “Ek het gesê hande af!”, sê sy maar wend geen poging om my hande van haar tiete af te haal nie. Ek los haar tiete en sit my arms om haar lyf. My hande is op haar kaal rug onder die bloes.

“Van wanneer af is jy so preuts?” terg ek en trek haar liggies teen my vas.

“Ek is nie preuts nie!” sê sy kwaai. Ek lig haar ken op en gee haar ‘n ligte soentjie op die mond. Sy reageer nie. Ek soen haar weer, langer hierdie keer. Sy stoot my liggies weg. “Asseblief… Moenie…” sê sy, maar wend geen poging aan om haar bloes toe te knoop nie. Ek trek haar weer nader en soen haar liggies teen die nek. Sy stoot my nie weg nie, maar fluister “Asseblief, moenie.. Moenie dit aan my doen nie…”

Ek knibbel liggies aan haar oor en hoor haar asemhaling versnel. Andersins is daar geen reaksie van haar nie. Ek neem haar kop tussen my hande en soen haar hartstogtelik op die mond. Steeds geen reaksie. Ek probeer my tong tussen haar lippe deur kry, maar sy hou haar mond dig toe. Sy draai egter nie haar kop weg nie en probeer ook geensins wegbeweeg van my af nie. “Asseblief… Moenie my só soen nie…” fluister sy. Ek trek haar nader, soen haar nek en knibbel weer aan haar oor. Haar asemhaling word nog swaarder en ek kan sien hoe sy teen haar emosies stry. Haar hande is in vuisies geklem langs haar sye.

Ek trek haar bloes weg en soen haar naakte skouer. Ek beweeg my kop af tussen haar tiete in en soen die sagte dele wat uit haar bra uitsteek. “Asseblief! Hou op…” pleit sy, maar wend steeds geen poging aan om my te keer nie. Ek sit my hand op haar linkertiet. Sy sit haar linkerhand bo-op myne. Ek haak my vinger in haar bra in en trek dit af. Haar groot, ferm tiet wip uit sy houer en staan trots vorentoe asof swaartekrag nie bestaan nie. Haar tiet is leliewit met ‘n groot, stywe donkerbruin tepel. My lippe sluit honger om haar tepel en ek begin gulsig daaraan suig. Ek hoor hoe sy snak na haar asem en dan, vir die eerste keer, reageer sy. Sy neem my kop in haar hande en trek my styf teen haar tiet vas. “O Here, dis verkeerd… Ons moenie…”

Ek los haar tiet, lig my kop en soen haar weer op die mond. Hierdie keer gaan haar mond oop en haar tong dartel in my mond in. Ek lig haar van die grond af en maak haar sit op my lessenaar en maak seker dat my knieë tussen hare is. Ek gly haar bloes oor haar skouers en laat dit op die lessenaar val. Ek neem haar kaal tiet in my hand en lig weer die tepel na my mond toe. Terwyl ek daaraan suig, beweeg my hand na die knippie van haar bra tussen haar tiete. Ek maak dit los en haar tiete wip vry. Ek stoot die bra oor haar skouers en laat dit by die bloesie val.

Sy trek my weer teen haar tiete vas en haar tong dartel weer in my mond in. Haar twee stewige, vol tiete voel hemels in my hande as ek haar harde tepels tussen my vingers rol.

Dan los ek haar tiete en skuif my hande onder haar rompie in en sit dit op haar kaal boude. Kaal boude..???! Karen het sowaar nie ‘n broekie aan nie! Dan voel ek die toutjie wat tussen haar boude uitkom. Sy het ‘n G-string aan. Ek weet nie of ek verlig of teleurgesteld is nie.

Haar hande beweeg af en trek my hemp uit my broek. Sy gly haar hande onder my hemp in en streel my rug terwyl sy my nek soen. Ek suig weer aan haar tepels terwyl ek haar naakte boude liefkoos.

Maar die stywe voël in my broek raak ‘n problem. Hy druk so styf teen my broek dat hy seer word. Ek weet nie of sy agterkom as ek my hand laat sak en my gulp oopmaak nie. Ek haal my stywe piel uit en forseer haar bene liggies oop met my knieë. Ek kniel voor haar op die vloer. My kop is nou ooghoogte met haar onderlyf en ek skuif haar rompie op tot by haar heupe. Daar voor my oë verskyn haar mollige doos, slegs bedek deur die deursigtige pienk driehoekie van haar G-string! Ek sien duidelik haar geswelde dooslippe deur die materiaal. Sy is sopnat! Ek lek haar doos deur die materiaal. Sy kreun, sit haar hande in my hare en trek my stywer teen haar doos vas. Die aangename skoon reuk van haar doos maak my rasend! Haar heupe begin wieg soos sy haar doos teen my mond vasdruk. Ek trek die G-string eenkant toe en daar voor my oë sit haar kaal poes soos ‘n groot, ryp vy! Haar dooshare is in ‘n klein blonde driehoekie geskeer en haar blinknat poeslippe haarloos. My mond sluit oor haar poes en ek lek gretig haar souse op. Dit smaak soos nektar! Haar bobene sluit om my kop en haar heupe begin wieg saam met die bewegings van my kop.

Dan staan ek op, trek haar teen my vas en soen haar diep en inning. Sy word nog jagser as sy haar eie souse op my mond proe. Ek dwing weer haar bene liggies oop en stoot vorentoe met my onderlyf. My stywe piel soek self na haar nat poes. My pielkop druk teen haar poes vas en ek voel hoe haar nat, warm poeslippe daarom vou. Sy skrik en stoot my weg. Ek weet nou sy was nie bewus daarvan dat my piel uit my broek uit was nie.

“Asseblief! Assebief, moenie dit aan my doen nie! Ek smeek jou! Ek kan dit nie aan my man doen nie…” pleit sy.

Ek trek terug. “En wat maak ek hiermee..?” vra ek terwyl ek na my stokstywe piel wys.

“Daar is ander maniere…” sê sy en ek voel hoe haar hand om my piel sluit. Sy begin pomp daaraan terwyl ek haar nat poes streel. Ek laat gly my middelvinger in haar gladde gleuf af en steek dit heeltemal in haar poes. Ek vinger haar vir ‘n ruk terwyl sy my draad trek.

Dan trek ek haar saam met my af op die vloer en sy lê langs my, maar met my gesig na haar doos en my stywe voël sentimeters van haar mond af. Sy begin weer my draad trek en ek lig haar rompie op. Die G-string is nog steeds na een kant toe getrek en ek begin dadelik weer lek aan haar poes. Dan voel ek ‘n salige sagte, warm nattigheid my pielkop omvou! Ek glo dit nie! Sy is besig om my piel te suig!

Ek trek haar G-string af en sy help my deur haar boude van die vloer af te lig as ek dit oor haar heupe laat gly. Ek trek die rompie ook uit. Sy lê nou poedelkaal en suig aan my piel terwyl ek my tong so ver moontlik in haar poes opdruk.

Dan voel ek daardie kenmerkende tinteling in my eiers wat ‘n orgasme voorafgaan. Ek is nog lank nie klaar met hierdie vrou nie en ek trek my voël uit haar mond uit. Ek draai om met my gesig na hare toe. Ek soen haar weer diep terwyl ek my broek en onderbroek afstoot. Sy sit haar arms om my en ek skuif my bobeen tussen haar dye in. Sy maal haar nat poes teen my bobeen terwyl sy my soen. Ek stoot haar stadig op haar rug en klim tussen daardie hemelse dye in. Ek soen haar weer en stoot vorentoe met my heupe. My pielkop gaan lê in haar gladde gleuf. “Asseblief…!” pleit sy. “Moenie... Ek gaan jou nie kan keer nie…!” In antwoord stoot ek liggies vorentoe en voel hoe haar nat poeslippe warm om my pielkop vou as hy teen die opening van haar vagina gaan lê. “Asseblief…! Ons kannie… Ons MAG nie…!” pleit sy weer. Maar ons weet albei ons is by omdraai verby. Ek stoot vorentoe en voel hoe my piel wegsak in die fluweelsagte, warm voue van haar sopnat poes. Ek voel hoe my eiers teen haar boude vasdruk. Ek lê stil bo-op haar en en soen haar. Ek begin stadig in en uit naai en haar lang bene sluit om my heupe. Sy kreun en begin my passievol terugnaai. Haar hande beweeg af na my kaal boude en sy trek my dieper in haar in. Ek naai haar met ‘n toenemende tempo en voel hoe haar heupe begin sidder. Sy skreeu as sy kom en haar poes trek krampagtig en ritmies saam om my piel, terwyl haar onderlyf spasties begin ruk. Dan ontspan sy en ek lê stil op haar met my stywe piel nog in haar poes.

“Here, wat het ek aangevang?!”, fluister sy. “Dit moes nooit gebeur het nie…” Maar ek was nog lank nie klaar nie. Ek begin weer stadig in en uit naai en dis nie lank nie, of sy begin weer saamwerk. Ek trek my piel uit en draai haar op haar hande en knieë op die vloer. Ek kniel agter haar en steek my nat piel weer in haar poes. Haar skuldgevoel verdwyn soos mis voor die son as ek haar lustig van agter begin naai. Haar groot, vol tiete swaai en wieg onder haar as my tempo begin toeneem. Ek leun vooroor en neem haar ferm tiete in my hande. Ek rol haar tepels tussen my vingers terwyl ek haar naai. Haar heupe werk pragtig saam op die ritme van myne en ek voel weer daardie tinteling in my eiers. Ek trek my piel uit haar sopnat poes en staan op.

Ek help haar op en draai haar om sodat sy oor die lessenaar leun. Ek glip my piel in haar van agter af en naai haar ernstig terwyl ek met haar tiete speel. Ek laat sak my een hand en sit dit op haar poes. Ek streel liggies met my vingers oor haar klitoris. Dit maak haar rasend! Ek voel weer ek gaan kom en trek my piel uit. Ek maak haar sit op die lessenaar met haar bene wyd oop. Ek sak af en suig liggies aan haar klit. Ek hou aan totdat ek weer die kenmerkende trillings van haar heupe voel.

Ek staan op, beweeg tussen haar dye in terwyl sy op die lessenaar sit. Ek stoot vorentoe sonder om aan my piel te vat. Haar poes is so nat dat my piel vanself moeiteloos tot by my eiers daarin wegsak. Ek soen haar en met my hande op haar kaal boude naai ek haar hard en vinnig. Haar heupe begin weer bewe soos sy haar tweede orgasme bereik. Ek is ook nou by omdraai verby en naai haar met mening!. Dan ontplof ons altwee in ‘n hemelse gemeenskaplike orgasme en ek spuit stroom na stroom warm, pêrelwit kom in haar poes op. Ek hou aan naai totdat my eiers dolleeg is en voel hoe die kom gemeng met haar souse oor my eiers drup. Ek val ek vooroor op haar en hou haar vas terwyl ons asemskep.

“Ongelooflik…” fluister sy later. “Dit is die heel eerste keer dat ek my man verneuk, en tog voel ek nie skuldig nie. Dit voel so reg… Ek voel glad nie soos ‘n slet of ‘n egbreukster nie. Die enigste onbeantwoorde vraag is nou seker - waarheen hiervandaan…?”

Dit, my skat, sal ons maar moet sien….

Written by: The_Dolphin

Please Rate This Submission:

Category: Loving Wives Stories